Dit is 28 September. Ek verjaar vandag.
Met my vroeg-oggend stappie dink ek aan my Ma. Ek mis skielik haar gebruiklike oproep. Sy was ‘n ‘giver’. Sy het graag mense bederf en gegee. Selfs later toe sy afhanklik was van ander het sy nog vroeg die oggend van jou verjaardag gebel en geluk gewens. Sy sou dan ook navraag doen of daar iewers deur die dag koek-en-tee sou wees want sy wil net iets kleins kom afgee. Sy het dan later daar opgedaag met ‘n koevertjie waarin daar sóveel was as wat sy kon afknyp.
Vroeër jare het sy graag groot geskenke gegee.
Die een les wat ons moes leer is dat jy net soveel kon koop as wat in jou beursie beskikbaar was.
Ek het nie regtig ‘n groot sentiment wat verjaardae betref nie, maar daar was oor die jare tog so hier-en-daar een wat uitgestaan het. Soos my sesde verjaardag. My ma het lekker kinderpartytjies vir ons gehou. Sy het dan ‘n roomyskoek by Walls se fabriek in Boomstraat (as ek reg onthou) gekoop. Sy het ook allerhande snuisterye self gemaak, soos halwe lemoenskille met jellie gevul, en koeksusters of sulke klein toebroodjies met gekleurde vulsels.
Met my sesde verjaardag het ons pas in die buurt ingetrek met die gevolg dat die hele buurt se kinders genooi was en ook al die nefies en niggies wat naby genoeg gebly het.
Wat egter meer in my geheue vassteek was die tema van die betrokke verjaardag. My ma wou ons iets van geld en die waarde daarvan leer. Sy het speelgoedgeld gekoop wat sy mooi onder al die maatjies verdeel het. Toe het sy al die eetgoed en drinkgoed op verskillende tafels uitgestal en ‘n prys op elke item gesit. Die tannies het dan die tafels beman en elke partytjieganger kon na hartelus aankoop wat hy wou, en soveel daarvan as wat hy kon bekostig.
Die een les wat ons moes leer is dat jy net soveel kon koop as wat in jou beursie beskikbaar was. Die ander les was as jy te veel jellie-lemoene gekoop het, daar niks oorbly om op die lekker roomyskoek te spandeer nie. Goeie lewenslesse wat ek op sesjarige ouderdom geleer het.
[PPS het] besef van die feit dat ‘n professionele persoon se grootste ekonomiese bate sy vermoë is om inkomste te genereer, het tot gevolg gehad dat daar ‘n plan uitgedink is waar net die lede daarvan sou baat.
Ek het wel later toe ek so ‘n bietjie van die lessies vergeet het my kop ‘n keer gestamp met ‘n ‘get rich quick’- skema, maar gelukkig gou weer besef dat jy nie moet spandeer wat jy nie het nie, of net kan koop wat ‘n regte opbrengs kan lewer.
Dit bring my by PPS uit, oftewel die Professional Provident Society. PPS is in 1941 begin deur ‘n paar tandartse. Hulle het besef van die feit dat ‘n professionele persoon se grootste ekonomiese bate sy vermoë is om inkomste te genereer, het tot gevolg gehad dat daar ‘n plan uitgedink is waar net die lede daarvan sou baat. Hulle het besef dat siekte of beserings eensklaps verdienvermoë kan vernietig. Hulle het begin met ‘n sisteem waar professionele persone gedeeltelik hulle inkomste saamgegooi het om mekaar teen daardie risiko te beskerm.
Vanuit daardie begin het dit ontwikkel tot ‘n magtige ‘mutual’ skema sonder enige eksterne aandeelhouers wat deel in die winste nie. Die winste word teruggegee aan die lede deur ‘n sogenaamde winsdelingsrekening, proporsioneel tot die lede se bydrae in kwalifiserende produkte.
Reeds as kandidaatprokureur is ek voorgestel aan PPS en het ek begin met my bydrae as lid van PPS. Oor die jare moes ek (gelukkig net ‘n paar keer) gebruik maak van die siekte voordeel met ‘n noodsaaklike sjirurgiese ingreep of twee. Dit was gerusstellend om te weet dat my inkomste verlies grootliks gedek was, veral in die tye wat ek as enkel praktisyn gepraktiseer het.
Ek vermoed ek gaan my dubbel ses verjaardag dalk ook soos my sesde verjaardag onthou
Op ses-en-sestig het ek nou ‘n aardige bedraggie opgebou in my kapitaalwinsrekening wat soos ‘n lekker verjaardag geskenk voel. Alhoewel sekere voordele vanaf ouderdom ses-en-sestig wegval, kan ek steeds my rekening verder vergroot met produkte van PPS wat ek in stand hou. Op ses-en-sestig het die waardes van my sesde verjaardag se lesse uiteindelik nou groot diwidende opgelewer.
Ek vermoed ek gaan my dubbel ses verjaardag dalk ook soos my sesde verjaardag onthou. Vir ‘n baie goeie rede.

