Dit is eersdaags weer die LPC se testamenteweek. DIt is ‘n inisiatief van die LPC om die publiek bewus te maak van hulle nalatenskap en die belangrikheid daarvan om ‘n testament te hê.
EK sit en wonder hoe ons, ons eie kliënte meer bewus kan maak toe ek skielik terugdink aan ‘n oom van my, ene Mnr AJ F, en sy skielike heengaan kort na sy seun voor hom in ‘n motorongeluk oorlede is.
Mnr AJ F se boeke het altyd geklop. Hy het net soos sy pa voor hom, ‘n kop vir syfers gehad.
Dit is waarom sy loopbaan in die Standard Bank ‘n sterk opwaartse kurwe getoon het. Dit is ook waarom hy en Mev. F ‘n goeie besigheid opgebou het, toe hy later die bank verlaat het, en die hotel op ‘n klein plattelandse dorpie gekoop het.
Almal weet dat jou bates maar net bates op papier is, tensy hulle ook in die vlees iewers in Angola, Kathu en Klerksdorp is, en jy nie so gereeld by hulle kan uitkom nie.
Ongelukkig kon hy nie voorsien het dat die markte soms draai met die ontvolking van die platteland nie. Hulle was later genoodsaak om die besigheid te verkoop en ander heenkome vind.
Sy rekenkundige kop moes toegee dat sy heil dalk verder in die groot stad lê.
Daar is geen skande in om na ‘n laer rat af te skuif nie, en hy het, sonder om te skroom, as kassier by Gallagher Estates ‘n betrekking aanvaar. Ten minste sou hy in die bekende omgewing van somme en syfers funksioneer.
Die groot base daar moes egter gou sy syfervaardighede opgemerk het, met die gevolg dat hierdie kassier toe ‘n lessenaarspos as boekhouer gekry het.
Daar het hy gehelp om hierdie reuseagtige onderneming se boeke te laat klop.
Maar die jare reeds hulle tol geneem, en later moes hy op aanbeveling en aanmoediging van sy seun, afgetree voor hy ‘n neseier kon opbou.
Sy gesondheid was nie meer te wat wonders nie, en sy seun het waar nodig sy finansies aangevul sodat sy inkomstes steeds nie sy uitgawes oorskrei het nie.
Hy het duidelik daardie laaste twee weke dag en nag dit bedink, hoe hy sy groot tekort kan regstel, indien enigsins moontlik…
Mnr F was egter ‘n trotse persoon tot so ‘n mate dat sy seun, steeds ‘n krediteur in sy boeke gebly het. Nie net in sy finasiële state nie, maar ook in sy lewensgrootboek.
Hy het ‘n plan in sy agterkop gehad om hierdie krediteur in sy testament uit te balanseer.
Omstandighede buite sy beheer het egter skielik sy boeke totaal deurmekaar gekrap. Sy boeke kon net nie meer balanseer nie.
Die Groot Ontvanger het ander planne vir sy hoof krediteur en anker gehad deurdat dié skielik op ‘n Vrydagmiddag in ‘n motorongeluk oorlede is.
In die week na sy krediteur se oorlye, het hy my geraadpleeg om aanpassings aan sy testament te maak. Hy sou hierdie aanpassings moes maak, om sy lewensgrootboek weer te laat klop.
Dis nie dat hy glad niks meer bates gehad het nie.
Maar almal weet dat jou bates maar net bates op papier is, tensy hulle ook in die vlees iewers in Angola, Kathu en Klerksdorp is, en jy nie so gereeld by hulle kan uitkom nie.
Ongelukkig kon ons nie betyds sy balansstaat herstel nie.
Hy het duidelik daardie laaste twee weke dag en nag dit bedink, hoe hy sy groot tekort kan regstel, indien enigsins moontlik…
Die lewensgrootboek wou egter, ten spyte van sy kop vir syfers, net nie weer balanseer nie. Ja, ongelukkig was sy lewensboek eenvoudig insolvent. Vir daardie rede het sy liggaam eenvoudig net een oggend finaal, boedel oorgegee.
Gelukkig met ‘n testament in plek.

