Litigasie prokureurs is in vir ‘n spreekwoordelike ‘hard ride’.

Die hofrolle wat nou so vol geraak het dat die Griffier al datums in 2030 allokeer het die judisiële beamptes genoop om alternatiewe te ondersoek. Vandaar die nuutste konsep direktiewe wat oop was vir kommentaar tot 28 Maart.

Indien die direktiewe in sy huidige formaat geimplimenteer word gaan daar voortaan baie druk op prokureurs wees om sake op die rol te kry. By implikasie deur die werking van die direktiewe word meeste van die verhoordatums wat reeds toegeken is gekanselleer om eers voorsiening te maak vir ‘n roete van verpligte mediasie.

Om ‘n verhoordatum te bekom moet ‘n party wat daarvoor aansoek doen allereers ‘n sogenaamde mediatorsverslag indien. Die omvang van die verslag word tans nie in die direktief aangespreek nie.

Ek moes vir die eerste keer my prokureurshoed verruil vir ‘n mediatorshoed.

Mediasie is by interpretasie van hierdie konsep ‘n vrywillige proses waaraan partye deelneem om lang wagtye vir verhoordatums en hoë litigasiekoste te verminder of te vermy.

Partye word egter nou met die direktiewe ter aanvulling van Rëel 41A verplig om eers te probeer medieer.

Mediasie is opsigself nie ‘n minderwaardige konsep om dispute te besleg nie. Dit is vining en betreklik goedkoop met die voorbehoud dat beide partye bereidwillig is om die dispuut uit die weg te ruim.

In die aanloop tot die verwagte implimentering van verpligte mediasie deur die howe het ek onlangs die LPC se mediasiekursus bygewoon. Dit was nogals verligtend om alternatiewe tot litigasie beter te verstaan en in te oefen.

Weens my gebrek aan ‘n haardos is ek lief vir hoede. Ek moes vir die eerste keer my prokureurshoed verruil vir ‘n mediatorshoed. Nogal ietwat van ‘n kopskuif soos al my mede kursusgangers ook beleef het.

Die mediator se rol is bloot dié van ‘n fasiliteerder wat die partye moet help en hulle lei om self oplossings vir dispute te vind. Die mediator mag nie regsadvies gee of enige vooroordele hê nie. Hy mag nie kant kies al dink hy dat een van die partye reg is nie. Hy mag slegs die partye fasiliteer om beste uitkomste en swakste uitkomste teen mekaar op te weeg om ‘n skikking te bereik.

Daar is altyd ook die moontlikheid dat die dispuut nie medieerbaar is nie in welke geval die mediator so bevinding maak.

Only time will tell – Jeffrey Archer


Die probleem met litigasie teen instansies soos die RAF is dat hulle selfs nie eers met hofbevele saamwerk nie en dit waarskynlik steeds ‘n probleem gaan wees om hulle te laat medieer.

Die koste van die mediator in die voorgestelde direktiewe word ook nie aangespreek nie. Ons sal maar moet sien hoe die aspek ten koste van armlastige eisers hanteer gaan word. Die idee is juis om die howe meer toeganklik te maak, maar mag mediasie dalk die teenoorgestelde uikoms hê as niemand vir ‘n mediator wil betaal nie.

Soos Jeffrey Archer se boek sê “Only time will tell”.

Ten minste is ons nou gereed met ‘n mediator in ons midde wat die waarde en leemtes in die mediasieproses beter verstaan.

Leave A Reply